'n Nuwe afrikaanse clan wat gestig is vir ouer spelers wat van samewerking hou. Hier word nie baklei nie. Kru taal en ongure praatjies word ook nie geduld nie. Die doel van die clan is om 'n groep vriende te vorm wat saam werk terwyl ons die breuk vanaf realiteit geniet.
Ons laat slegs ouderdomme van 25 en ouer toe. Die begin is stadig maar hopelik vind jul 'n tuiste hier.